Aanbieders 
Tans word al die programme aangebied deur Magda Timms en Frikkie Pretorius maar die doelstelling is om hierdie platform te gebruik om diegene wat belangstel  om ñ program aan te bied, die geleentheid te gee om  dit te doen.

Die belangrikste doelstelling is om ons pragtige taal, Afrikaans, te bevorder en Afrikaans sprekendes te bemagtig.
  1. Add Your Title Here
  2. Add Your Title Here
  3. Add Your Title Here
  4. Add Your Title Here
  5. Add Your Title Here
  6. Add Your Title Here
  7. Add Your Title Here
  8. Add Your Title Here
ONS MENSE
ONS TAAL
ONS MUSIEK
Afrikaansers is snaakse mense.

Wanneer ons drepressief voel, dan braai en drink ons. 

Wanneer ons iets wil vier, dan braai en drink ons.

En wanneer ons niks het om te doen nie, dan braai en drink ons.

Daar is groot fout met ons mense. Bring asseblief more jou vleis en drankie, dan gesels ons hieroor.

Ons taal huil geheime trane.

Dis jou keuse om Afrikaans te praat. Dis jou keuse om jou kinders bloot te stel aan die erfenis van die Afrikaaner.

Dis jou keuse om op te staan vir jou mense, jou taal en jou land.

By KZN Draadloos streef ons ook om Afrikaans te bevorder in ñ provinsie en land waar mense vergeet het dat Afrikaans ñ ongelooflike mooi taal is.

Ons sien uit om saam met jou te kuier en klets in Afrikaans.

By KZN Draadloos streef ons daarna om musiek te speel wat vir jou aangenaam sal wees.

Voel dus vry om jou opinie te deel en voorstelle te maak oor die tipe programme en musiek wat jy graag sou wou hoor.

Ons wil jou graag leer ken en stories uit jou gemeenskap wil hoor.

Maak KZN Draadloos jou radio!